HAT

Onmisbare Afrikaanse woordeboeke vir die huis en klaskamer

Ons bied jou ’n wye reeks woordeboeke in verskeie tale wat vir alle ouderdomme en vlakke van onderrig voorsiening maak, en wat ’n groot verskeidenheid behoeftes en vaardighede dek.

My eerste HAT
My eerste HAT is ’n uitsonderlike boek vir Afrikaanse kinders en kinders wat Afrikaans wil leer. Dit bevat die eerste 1 000 woorde wat kinders kan sê, gegrond op wetenskaplike navorsing oor kindertaal.

HAT Afrikaanse Skoolwoordeboek
Die HAT Afrikaanse skoolwoordeboek is onmisbaar in die klas. Dit bevat meer as 30 000 woorde en hul verbuigings, idiome en vaste uitdrukkings – eenvoudig verklaar en toegelig met duisende natuurlike voorbeeldsinne en – frases en meer as 300 illustrasies. Tesouruskassies help leerders hul woordeskat uitbrei, en nuttige inligting oor spelling en korrekte taalgebruik is ingesluit. Daar is inligting oor die herkoms van woorde, sinonieme, antonieme, manlike en vroulike vorme, intensiewe vorme en vergelykings. Agterin die woordeboek is ’n uitgebreide lys Afrikaanse afkortings, asook ’n omvattende lys terme wat leerders vir Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal moet ken.

Nuwe Woordeboek sonder grense
Nuwe Woordeboek sonder grense is ’n vertalende woordeboek, spesiaal gekonseptualiseer en wetenskaplik saamgestel vir leerders van Afrikaans as Eerste en Tweede Addisionele Taal. Dit bevat 2 500 algemene gebruikswoorde wat gekies is uit die aanbevole kernwoordeskat vir leerders.